Monday, 19 November 2007

SOMMER NET

Ek het nie eintlik 'n onderwerp of baie tyd nie, maar wil net graag die volgende deel. Toe ek almal se "comments" oor die Indigo kinders lees, het ek so half my kop in skaamte gesak. Julle sien, ek weet van die begin af Christiaan is anders en miskien heelwat meer intelligent as wat ek vermoed, maar vir my was dit vandat hy klein was 'n stryd. Ek het heeltyd gedink aan hom as my terroris en alles probeer om hom te verander. Veral in die gesag en dissipline deel van die lewe, maar buig kon ek hom nie buig nie. Ek het nooit gedink soos baie van julle skryf: "jy is geseënd." Ek is vir hom ongeloofik lief soos vir die ander 2, maar hy was nog altyd so half en half my "probleem" kind. Vandat ek die stuk geskryf het en julle "comments" gelees het, het ek begin anders kyk na hom. Probeer om sy frustrasies minder te maak, hom aanmekaar geprys en raai wat!! MY KIND BLOM. Dankie julle, dit is wonderlik dat mense soos julle my blog lees en al dink julle, dis net julle opinie, sal julle nie glo wat dit vir my en verseker vir Christiaan beteken het nie. Hy skryf op die oomblik eksamen en ons vlieg daardeur. Ma prys en "boost" net aanmekaar en boetie bring net goeie punte huistoe en leer OP SY EIE dat dit klap. Waar hy gewoonlik met die leervakke negatief was en nooit wou leer nie, vertel ek hom nou elke dag hoe slim hy is EN DIT HELP. Ek dink dis so half 'n uitdaging vir hom om nie net in wiskunde nie, maar ook in die vakke wat hy glad nie belangstel in nie goed te doen.

Sonneblom hy verjaar die 6de Julie 1996 en dit maak van hom 'n kreef. Weet nie veel van die sterre nie, maar gaan nou dadelik "google" Nee ek het hom nog nie laat toets nie, weet nie of hy regtig so "gifted" is dat hy na 'n spesiale skool vir slimmes moet gaan nie, miskien moet sy ma hom net probeer beter verstaan. (Pa voel ma onderdruk sy sterk persoonlikheid.)

Dankie weereens vir die wonderlike blogger maats wat julle is.

Hê 'n wonderlike week verder.

Annie

2 comments:

Anonymous said...

Hi Annie,
Dis nice om terugvoering te kry! Dankie, man! Ek se egter nog steeds ek dink julle moet hom laat toets. As hy wel "gifted" is, hoef hy nie na 'n spesiale skool toe te gaan nie. Daar is aanvullende programme wat die kinders kan volg om hulle meer te stimuleer. Maar ek is bly dit gaan so goed by die huis. Ek het gewonder!

Anonymous said...

Hi Annie,

Ek kon nie verlede week comment by jou nie, en ek het mos weer gesukkel met my adsl. Maar ek het julle bespreking oor die Indigo kids baie geniet. Ek het niks daarvan geweet nie.

Ek is bly om te hoor hy vorder so goed! Ek verjaar net 2 dae voor hom, en vir ons Krewe is water nogal belangrik, en ons is so effens met die maan gepla! So sê hulle in elk geval, maar van sterre weet ek ook nie veel nie... lol!

Lekker week vir jou!