Thursday, 13 September 2007

The Secret

The Secret is 'n boek wat julle almal behoort te kry. Die dvd is ook nou beskikbaar, so bietjie duur maar uit en uit die moeite en geld werd.

Dit is 'n basiese prinsiep waarop jy jou lewe moet bou. Die hoof gedagte is "the law of attraction."
Dit beteken basies dat alles waaraan jy dink of op konsentreer jy na jou toe aantrek. Dit maak nie saak of dit goed of sleg is nie. So, as jy byvoorbeeld in die oggend opstaan en vir jouself sê jy voel nie lekker nie, gaan jy nie lekker voel nie en jou hele dag gaan op die negatiewe geskoei wees. Dis vir my so moeilik om dit te probeer oordra, daarom is die DVD eintlik 'n MOET.

Die dvd het my 15 jarige seun se brein "gegryp" hy kyk nou elke moontlikke oomblik na die dvd en ek kan alklaar die verandering in sy houding sien.

In die dvd is 'n vrou wat borskanker gekry het en sy het net eenvoudig besluit om die siekte heeltemal uit haar brein te verban. Sy en haar man het hulself net omring met die goeie. Komedies uitgeneem en heeldag gelag en vrolik gewees. En sonder enige medikasie is sy skoon verklaar (ek dink na 3 maande). Sy het net eenvoudig gemaak of daarniks fout is nie, en glad geen aandag gegee aan die kanker nie.

In die boek vertel 'n vrou ook hoe sy gewig verloor het, en haar gewig behou, maak nie saak wat sy eet nie. Dink byvoorbeeld as ons 'n heerlike stuk sjokolade koek met karamel eet. Die van ons wat 'n gewigsprobleem het, dink aan hoe ons nog vetter word en wat doen ons daardeur, ons trek die vet na ons toe aan. Dit mag belalgik klink, maar ek dryf alle negatiewe gedagtes oor vet word of is uit my gedagtes, en sonder om te dieet het ek al 6kg verloor oor 2 maande. Dit gaan maar stadig, maar ek glo sodra jy die woord dieet gebruik, trek jy dit na jou toe aan. Dink aan jouself as 'n maer persoon, moenie dink ek gaan gewig verloor nie, want dan fokus jy op die vet.

Julle dink nou seker ek is nou besig om 'n klomp bollie te gesels, maar ai tog dis so moeilik om te verduidelik.

SO ASB. GAAN KOOP DIE BOEK OF VERKIESLIK DIE DVD "THE SECRET!!"
DIT WERK!!!!

Die dvd is nou deur leserskring beskikbaar. Die webwerf as julle belangstel om meer daaroor te lees is: www.thesecret.tv of google net "The Secret."

Hê 'n wonderlikke naweek met lekker rugby, krieket en kuier, vanaand is dit molshoop aand by ons huis.

Annie

Wednesday, 12 September 2007

'n Nat en Koue Kaap

Vandag is die 13de September, die Kaap is (nogsteeds) nat en koud. Ek dink vir die laaste 3 en 'n half maande was daar nog nie 'n week wat daar nie een of meer sopnat dae was nie. Terwyl ek vanoggend deur die verkeer beur probeer ek besluit of ek 'n winter of somer mens is. Tot nou toe kon ek nognie besluit nie.



Ek is absoluut mal oor die reën, maar met 'n paar maar's daarby. Dit kan reën, MAAR ek wil dan nie by die werk wees nie. Dit kan maar reën, MAAR die wind moet net rustig wees. Dit kan maar reën, MAAR hoe kry ek my wasgoed droog. Pa kerm heeldag oor die droër wat loop. So kan ek aangaan en aangaan.



Die somer is net so lekker, al die heerlike aande om die braaivleisvuur, die son wat eers so 9 uur ondergaan, die eetlus wat bietjie gedemp is, die gesinsdae om die swembad........



So sit ek nou al heeloggend en droom, oor watter seisoen vir my die lekkerste is en ek kom tot 'n besluit dat elkeen sy eie voordeel inhou. Ek het grootgeword in Empangeni, waar ons meestal nie eers kon asemhaal van die hitte nie, die woord koud het ek nie geken nie. Soms verlang ek terug na die ou dorpie in Noord Natal, maar ander dae is ek dankbaar vir die Kaapse nat en koue weer.



Ons mense sal seker NOOIT tevrede wees nie en al wat ons eintlik moet doen is op ons knieë bly en dankie sê vir dit wat ons kry, want weet Hy daarbo nie maar altyd wat die beste is vir ons nie???



So vanoggend sê ek DANKIE dat ek so bevoorreg is om 'n dik jas en serp in my kas te hê wat ek kan aantrek om die dag tegemoet te stap.



Hoop julle almal het 'n wonderlike, positiewe, sorgvrye en gelukkige dag!



Annie

Friday, 07 September 2007

Dankie en Iets oor myself

Boendoe, Dellie en gypsyjo. Baie dankie ek kon amper nie glo toe ek sien daar is comments op MY blog nie. Julle moet asb. bietjie help ek is maar 'n monkey see monkey do mens en sien julle blogs lyk so nice met allerhande goed op.

Iets oor myself: Ek woon in die Kaap, maar is eintlik 'n Nataller, daar groot geword in 'n dorpie met die naam Empangeni. Ek weet nie of dit vandag 'n dorp of dorpie is nie. Ek is getroud met 'n wonderlike man en het 3 kinders, twee seuns en 1 dogter. Twee van die duiweltjies is tieners, so julle kan jul voorstel hoe dit in so huishouding gaan. Hulle se hoeka nie verniet "om tieners groot te maak is soos om jellie aan 'n muur vas te spyker nie."

Ek werk al die afgelop 9 jaar in die Paarl, en dit laat my nou dink aan die drama vanoggend by die werk. Soos almal weet is dit loslitdag vandag en ons vrouens (4) besluit toe om so ietsie te doen. Ek het vir elkeen so "alice band" met vere en hartjies by die Crazy store gekoop en ons almal sit nou soos 5 jarige giggelende dogtertjies met die goed op ons kop. Die baas is nie baie ingenome met ons nie, hy het ons al vuil kyke gegee en gevra wat die kliënte gaan sê, maar ons het net besluit hy moet "get over it and accept it," want almal hier is altyd so suur. Ons het ook besluit om nou elke jaar so iets te doen.

Wat doen julle vir loslitdag??

Hoop julle het almal 'n fantastiese naweek en dat almal se braaihout en vleisies reg is vir die groot begin van die Rugby.

Weereens dankie vir julle ondersteuning.

Annie

Thursday, 06 September 2007

Hier gaan ek

Wel hier gaan ek. Nog nooit so iets probeer nie. Eintlik wil ek maar net my eie blog ruimte hê waar ek kan sê WAT ek wil HOE ek wil en WANNEER ek wil.

As ek al die ander blogs so lees voel ek half skaam, want almal klink soos pro's op hul blogs.

Ek is 'n regte dromer en kan ure omsit en droom oor net mooi niks. Ek is absoluut mal daaroor om ander se blogs en opinies te lees.

Die grootste stap wat ek vandag geneem het, is om op Dellie se blog my gewig bekend te maak. Miskien moes ons dalk ouderdom ook bysit om dit so bietjie sagter te laat klink, maar gedane sake het geen keer.

Wel ek sal so gereeld moontlik hier kom droom en hopelik is daar nog dromers daar buite.

Lekker aand
Annie