Thursday, 13 September 2007

The Secret

The Secret is 'n boek wat julle almal behoort te kry. Die dvd is ook nou beskikbaar, so bietjie duur maar uit en uit die moeite en geld werd.

Dit is 'n basiese prinsiep waarop jy jou lewe moet bou. Die hoof gedagte is "the law of attraction."
Dit beteken basies dat alles waaraan jy dink of op konsentreer jy na jou toe aantrek. Dit maak nie saak of dit goed of sleg is nie. So, as jy byvoorbeeld in die oggend opstaan en vir jouself sê jy voel nie lekker nie, gaan jy nie lekker voel nie en jou hele dag gaan op die negatiewe geskoei wees. Dis vir my so moeilik om dit te probeer oordra, daarom is die DVD eintlik 'n MOET.

Die dvd het my 15 jarige seun se brein "gegryp" hy kyk nou elke moontlikke oomblik na die dvd en ek kan alklaar die verandering in sy houding sien.

In die dvd is 'n vrou wat borskanker gekry het en sy het net eenvoudig besluit om die siekte heeltemal uit haar brein te verban. Sy en haar man het hulself net omring met die goeie. Komedies uitgeneem en heeldag gelag en vrolik gewees. En sonder enige medikasie is sy skoon verklaar (ek dink na 3 maande). Sy het net eenvoudig gemaak of daarniks fout is nie, en glad geen aandag gegee aan die kanker nie.

In die boek vertel 'n vrou ook hoe sy gewig verloor het, en haar gewig behou, maak nie saak wat sy eet nie. Dink byvoorbeeld as ons 'n heerlike stuk sjokolade koek met karamel eet. Die van ons wat 'n gewigsprobleem het, dink aan hoe ons nog vetter word en wat doen ons daardeur, ons trek die vet na ons toe aan. Dit mag belalgik klink, maar ek dryf alle negatiewe gedagtes oor vet word of is uit my gedagtes, en sonder om te dieet het ek al 6kg verloor oor 2 maande. Dit gaan maar stadig, maar ek glo sodra jy die woord dieet gebruik, trek jy dit na jou toe aan. Dink aan jouself as 'n maer persoon, moenie dink ek gaan gewig verloor nie, want dan fokus jy op die vet.

Julle dink nou seker ek is nou besig om 'n klomp bollie te gesels, maar ai tog dis so moeilik om te verduidelik.

SO ASB. GAAN KOOP DIE BOEK OF VERKIESLIK DIE DVD "THE SECRET!!"
DIT WERK!!!!

Die dvd is nou deur leserskring beskikbaar. Die webwerf as julle belangstel om meer daaroor te lees is: www.thesecret.tv of google net "The Secret."

Hê 'n wonderlikke naweek met lekker rugby, krieket en kuier, vanaand is dit molshoop aand by ons huis.

Annie

9 comments:

Lucy said...

Hi Annie,
Ek het van "The Secret" op Oprah gehoor. En eintlik is dit nie so weird nie, is dit? Mens het net so gewoond geraak om negatief te dink, dat ons so begin lewe het.
Ek sal definitief ingaan by leserskring en dit bestel. Oprah lieg nie oor goed nie!
Jy moet 'n lekker, hopelik nie nat, naweek he nie!

Annie said...

boendoe
Die belangrikste wat mens moet aanleer is nie net positiewe denke nie, maar jy moet byvoorbeeld nie sê: "Ek gaan nie vet word nie," want dan fokus/dink jy nogsteeds aan die negatiewe. Dit klink so kompleks, maar as jy eers die dvd gesien het, sal jy verstaan. Ek is so opgewonde oor die dvd ek wil vir die hele wêreld vertel, want ek sien watter verskil dit aan my en my gesin se lewe doen.
Nat naweek of nie, ek is heelnaweek vasgenael voor die TV, ek is 'n baie groot sport "fan"

Annie

Annie said...

Eben
Dankie vir jou besoek, ek is maar nog nuut, maar is besig om myself te oortref, raak net slimmer elke dag. Al het ek nog baie om te leer. Jou blog net so nice, ek is net bang ek kry nie my werk gedoen nie. Die blogs is erg verslawend.
Praat weer later.

Annie

Dellie said...

Ek glo absoluut in positiewe denke, as dit nie daarvoor was nie, was ek nie waar ek vandag is in my lewe en besigheid nie. So ek gaan daai DVD soek.

Geniet die naweek en die rugby, ek kan ook nie wag nie!

Anonymous said...

Soe nou maak julle my nuuskurig. Ek sal Marilee vertel van die DVD en dan kan sy dit ook aanskaf vir ons.

Ja vanaand is die aand, dat ons sal weet of ons reg is vir die beker of nie. As ons wen - ek glo so - gaan ons baie baie besig wees die naweek, dan moet die krieket ook hulle kant bring.

Lekker naweek

Eben

Annie said...

Dellie, nou verstaan jy hoekom ek so opgewonde is. Ek is 'n baie positiewe mens oor die algemeen, maar nadat ek die dvd gekyk het, probeer ek nou net die "missing" skakels in my denke byvoeg.
Eben, jy kan nie vergeet gaan nie. Gaan koop dit so gou moontlik.

"It is life changing"

Lekker naweek praat weer Maandag
Annie

Anonymous said...

Hi Annie
Ek het die boek gelees, maar sal graag die dvd ook wil hê. Dit IS Life changing en ek wil ook net vir almal wat wil luister daarvan vertel - so, ek ken die gevoel!

Annie said...

Sonstudio
Ek raak sommer weer opgewonde, as ek net hoor van nogiemand wat weet waarvan ek praat. Dankie vir die inloer.
Annie

Anonymous said...

After getting more than 10000 visitors/day to my website I thought your annie-droomland.blogspot.com website also need unstoppable flow of traffic...

Use this BRAND NEW software and get all the traffic for your website you will ever need ...

= = > > http://get-massive-autopilot-traffic.com

In testing phase it generated 867,981 visitors and $540,340.

Then another $86,299.13 in 90 days to be exact. That's $958.88 a
day!!

And all it took was 10 minutes to set up and run.

But how does it work??

You just configure the system, click the mouse button a few
times, activate the software, copy and paste a few links and
you're done!!

Click the link BELOW as you're about to witness a software that
could be a MAJOR turning point to your success.

= = > > http://get-massive-autopilot-traffic.com