Friday, 07 September 2007

Dankie en Iets oor myself

Boendoe, Dellie en gypsyjo. Baie dankie ek kon amper nie glo toe ek sien daar is comments op MY blog nie. Julle moet asb. bietjie help ek is maar 'n monkey see monkey do mens en sien julle blogs lyk so nice met allerhande goed op.

Iets oor myself: Ek woon in die Kaap, maar is eintlik 'n Nataller, daar groot geword in 'n dorpie met die naam Empangeni. Ek weet nie of dit vandag 'n dorp of dorpie is nie. Ek is getroud met 'n wonderlike man en het 3 kinders, twee seuns en 1 dogter. Twee van die duiweltjies is tieners, so julle kan jul voorstel hoe dit in so huishouding gaan. Hulle se hoeka nie verniet "om tieners groot te maak is soos om jellie aan 'n muur vas te spyker nie."

Ek werk al die afgelop 9 jaar in die Paarl, en dit laat my nou dink aan die drama vanoggend by die werk. Soos almal weet is dit loslitdag vandag en ons vrouens (4) besluit toe om so ietsie te doen. Ek het vir elkeen so "alice band" met vere en hartjies by die Crazy store gekoop en ons almal sit nou soos 5 jarige giggelende dogtertjies met die goed op ons kop. Die baas is nie baie ingenome met ons nie, hy het ons al vuil kyke gegee en gevra wat die kliënte gaan sê, maar ons het net besluit hy moet "get over it and accept it," want almal hier is altyd so suur. Ons het ook besluit om nou elke jaar so iets te doen.

Wat doen julle vir loslitdag??

Hoop julle het almal 'n fantastiese naweek en dat almal se braaihout en vleisies reg is vir die groot begin van die Rugby.

Weereens dankie vir julle ondersteuning.

Annie

6 comments:

Lucy said...

Hi Annie,
Jy sal dit nou nie glo nie, maar ek bly in Richardsbaai - naby Empangeni, soos jy weet! Dit lyk seker nou baie anders as toe jy grootgeword het!
In elk geval, ek werk nie, my man werk in Angola en ek is meeste van die tyd by hom. Dus, elke dag is loslitdag vir my!
My man het juis vandag van Angola gekom vir 'n 3 weke kuier. Gaan dus nie baie kekkel nie, maar praat gou weer!
Mooi bly!

Annie said...

HiBoendoe

Hoe trek my hart nou na 'n punt. Ek was my hele skoolloopbaan in Empangeni Hoër. Ek ken nog vriende daar en in Richardsbaai. Een van hul gee skool in een of ander laerskool in Richardsbaai, haar naam is Adel. Al wat ek nie van die plek mis nie is die verskriklike hitte, dink nie ek sal dit meer kan hanteer nie.

Lekker dag en geniet jou man
Annie

Gypsyjo said...

Hi Annie
Lekker naweek gewees, die rugby het als mooi afgerond. Ek het twee dogters, een 15 en ander enetjie 11 (going on 21 hehe). Sy is verantwoordelik vir al die grys hare hier by my. Die enetjie van 15 het nie'probleme' nie, is maar net 'n tiener, moods, haat werkies in die huis, dink sy's die enigste een wat moet skottelgoed was ens.

Nou ja, jy moet lekker werk verder en moenie stres oor jou blog nie, dis alreeds nice.

Annie said...

Gypsyjo

Dankie vir die draai maak. Ja, nee die rugby was darem lekker behalwe vir die Sharks, want ek bly maar een van hul ondersteuners.

Die 15 jarige klink so bekend. My tieners doen basies net skottelgoed en hul eie kamers, maar glo hul werk hulself morsdood. My 11 jarige is ook so going on 18 geval. Ek sê altyd hy's die oudste, want hy rule in ons huis.

Lekker Maandag
Annie

Beertjie said...

Hallo!

welkom in cyerspace!
ek is nog nuut!Dankie dat ons n kyki in (tannie) jou lewe mag he!

Annie said...

Hi Beertjie

Dankie vir jou besoek, jy is meer as welkom. Ek is ook maar nuut in die wêreld. Aangesien jy my tannie noem, neem ek aan jy is nog op skool??

Annie (tannie??)