Thursday, 06 September 2007

Hier gaan ek

Wel hier gaan ek. Nog nooit so iets probeer nie. Eintlik wil ek maar net my eie blog ruimte hê waar ek kan sê WAT ek wil HOE ek wil en WANNEER ek wil.

As ek al die ander blogs so lees voel ek half skaam, want almal klink soos pro's op hul blogs.

Ek is 'n regte dromer en kan ure omsit en droom oor net mooi niks. Ek is absoluut mal daaroor om ander se blogs en opinies te lees.

Die grootste stap wat ek vandag geneem het, is om op Dellie se blog my gewig bekend te maak. Miskien moes ons dalk ouderdom ook bysit om dit so bietjie sagter te laat klink, maar gedane sake het geen keer.

Wel ek sal so gereeld moontlik hier kom droom en hopelik is daar nog dromers daar buite.

Lekker aand
Annie

3 comments:

Lucy said...

Hello Annie,
Ja, en ek het jou van Dellie se blog hierheen gevolg! Welkom, en ek hoop jy geniet dit baie!

Dellie said...

Welkom Annie, ek volg Boendoe se spoortjies!

Nee jong, relax, jy gaan dit vreeslik geniet. Ons ou klompie is alles behalwe pro's, ons soek ook maar net 'n plekkie om ons mening te lug en te vertel van ons lewens. Ons hoor graag van jou drome! Maar wees gewaarsku...dit raak verslawend!

Gypsyjo said...

Hey Annie baie welkom.

My naam is Gypsyjo en ek is 'n blogger.
Ek het vrede gemaak met die feit dat ek nooit 'n pro sal wees hier nie, maar dis nie wat vir my tel nie. Al draai ek net gou voor werk by almal om hi te se is vir my ook lekker. So moenie stres daaroor nie.

Een ding is verseker, jy gaan dit baie geniet. Dis baie verslawend en blogging gaan jou uit jou werk of slaap uit hou glo vir my. En jy gaan nog lekker lag hier.

Vertel ons bietjie van jouself.
Lekker dag en naweek.