Wednesday, 12 September 2007

'n Nat en Koue Kaap

Vandag is die 13de September, die Kaap is (nogsteeds) nat en koud. Ek dink vir die laaste 3 en 'n half maande was daar nog nie 'n week wat daar nie een of meer sopnat dae was nie. Terwyl ek vanoggend deur die verkeer beur probeer ek besluit of ek 'n winter of somer mens is. Tot nou toe kon ek nognie besluit nie.



Ek is absoluut mal oor die reën, maar met 'n paar maar's daarby. Dit kan reën, MAAR ek wil dan nie by die werk wees nie. Dit kan maar reën, MAAR die wind moet net rustig wees. Dit kan maar reën, MAAR hoe kry ek my wasgoed droog. Pa kerm heeldag oor die droër wat loop. So kan ek aangaan en aangaan.



Die somer is net so lekker, al die heerlike aande om die braaivleisvuur, die son wat eers so 9 uur ondergaan, die eetlus wat bietjie gedemp is, die gesinsdae om die swembad........



So sit ek nou al heeloggend en droom, oor watter seisoen vir my die lekkerste is en ek kom tot 'n besluit dat elkeen sy eie voordeel inhou. Ek het grootgeword in Empangeni, waar ons meestal nie eers kon asemhaal van die hitte nie, die woord koud het ek nie geken nie. Soms verlang ek terug na die ou dorpie in Noord Natal, maar ander dae is ek dankbaar vir die Kaapse nat en koue weer.



Ons mense sal seker NOOIT tevrede wees nie en al wat ons eintlik moet doen is op ons knieë bly en dankie sê vir dit wat ons kry, want weet Hy daarbo nie maar altyd wat die beste is vir ons nie???



So vanoggend sê ek DANKIE dat ek so bevoorreg is om 'n dik jas en serp in my kas te hê wat ek kan aantrek om die dag tegemoet te stap.



Hoop julle almal het 'n wonderlike, positiewe, sorgvrye en gelukkige dag!



Annie

5 comments:

Lucy said...

Hi Annie,
Ja, ek se nou net vir my man, ons is baaaaie gelukkig! Lief om te kla, maar as jy mooi gaan sit en nadink, eintlik baie min om oor te kla!
Geniet jou positiewe, happy dag!

Ns. Wil jy nie jou comment options verander nie? Eben se hy kan nie by jou comment nie.

Beertjie said...

Hallo Daar!

Eerstens , Ek se tannie want ek is in my vroeë 20's en het nog die respek om n ouer persoon te tannie of oom .

Ek het net gister aand op my blog (dagboek) geskryf van hoe ondankbaar ons mensdom tog kan wees.Great minds think alike! Anycaze, Hoekom kan ons nooit gelukkig en tevrede wees nie? dis wat ek nie kan verstaan nie

Sal ok nou nie help ek breuk my koppie nie .

Lekker dag!
Beer

Annie said...

Boendoe, ek het vanoggend hoeka besluit om elke dag so positief moontlik te wees. Dit werk vir my, want dan loop my dag perfek, self my Maandae is nou beter. Ek is nog baie nuut met die blog ding, maar gaan probeer om die option te verander. Moet seker na "all" verander word. Eben laat weet asb. deur boendoe as dit nog nie reg is nie.

Beertjie, jy kan maar Annie sê, die antie is maar net 40 en het nog baie skop. Beer ek kon ook nie op jou blog ingaan nie of is dit privaat?

Tot later
Annie

Anonymous said...

Dankie Annie .... lekker gelees en geniet ook jou blog. Dankie glo dit is nou reg.

Kom later weer inloer vir langer comment

Eben

Dellie said...

Hi Annie!

Jammer ek was skaars, maar Helkom, jy weet!

Ek hou ook van reen, maar ja, dan wil mens DVD's kyk, of pannekoek eet, of met 'n lekker boek opkrul. G'n niks werk nie!

Maar oor die algemeen hou ek meer van die somer as die winter. Of is dit nou andersom?

Anyway, lekker aand vir jou verder!