Friday, 06 February 2009

ANTWOORD

Ek het my antwoord gekry op my vorige pos:


Voordat jy vandag iets negatiefs en afbrekend vir jou medemens sê...............dink aan iemand wat
stom is.
Voordat jy vandag kla oor die slegte smaak van die kos.............dink aan diegene wat niks het om te eet nie.
Voordat jy vandag kla oor 'n geliefde wat nie dink, sê en doen soos jy van hulle verwag nie......dink aan iemand wat by God smeek vir vriende of 'n lewensmaat.
Voordat jy vandag kla oo die ou lewe....dink aan 'n kind wat op 'n sterfbed lê.
Voordat jy vandag oor jou kinders kla....dink aan die wat begeer om "Mamma" of "Pappa" te hoor maar nooit die voorreg sal hê nie.
Voordat jy vandag baklei oor jou vuil en deurmekaar huis wat iemand nie uigevee het of waar 'n bed nie opgemaak is nie...........dink aan die mense wat op straat bly of onder rommel skuiling moet soek.
Voordat jy vandag kla oor die afstand wat jy werk toe moet ry....dink aan iemand wat geen vervoer het en werk toe moet loop.
Voordat jy vandag kla oor jou werk en hoe moeg jy is....dink aan die werkloses of gestremdes wat 'n werk begeer.
Voordat jy daaraan dink om 'n vinger te wys of te oordeel....onthou dat nie een van ons sonder sonde en tekortkominge is nie. Ons moet almal verantwoording doen aan EEN SKEPPER.
Wanneer negatiewe gedagtes vandag dreig om jou depressief te laat voel.... Glimlag en Dank God dat jy leef.

Die lewe is 'n geskenk...Leef voluit....
Vervolmaak vandag in Jesus naam.....
Wees vrolik en lag sonder ophou......
Geniet elke oomblik daarvan....

Gee baie liefde.....
want God het hierdie lewe aan jou geskenk!! (skrywer onbekend)

Woww en so stuur die Here toe vir my 'n antwoord met 'n e-mail van 'n vriendin af. Die in rooi is beslis veral op my van toepassing....

Lekker naweek almal!!!!!

Monday, 02 February 2009

Hier's ek weer

Omdat ek nie baie tyd kry om te blog nie, het ek besluit om sommer die blog te gebruik vir myself wanneer ek tyd kry. Ek is baie lief om my gevoelens op papier te sit. So saans wanneer ek my skoene uitgeskop het, die kroos en manlief rustig geraak het, sit ek sommer met 'n pen en papier en skryf en skryf en skryf. So vir ingeval iemand hier lees, jammer as dit nie 'n baie interessante blog is nie, maar dis maar net ek.

Vandag het ek die mooiste gebed gekry:

Here, ons het 'n moeë generasie geword! Ons is moeg gewerk, moeg vir probleme, Moeg vir mense. Ons het veral moeg geword Om alles altyd reg te doen. Om aanvaarbaar te wees, móét ons Suksesvol, begaafd en finansieel sterk wees Met duidelike doelwitte. Verder moet ons goeie ouers, lojale vriende, Toegewyde familiemense En betrokke gemeenskapwerkers wees. Sjoe, dis 'n oorvol mondvol! Vandag wil ek sommer net by U kom rus En vra dat U my die regte prioriteite sal wys. Sal U my help onderskei tussen die dinge Wat regtig saak maak en die Dinge wat die wereld ons probeer voorskryf? Ja, help my om te weet wat vir U belangrik is. Maak huis skoon met my, Here. Verwyder die selfopgelegde eise In my oorvol lewe En leer my om sommer net U kind te wees. In U naam vra ek dit, Amen

Dit het my vreeslik aan die dink gesit oor my lewe. Die jaar het skaars begin en hier is ek alweer besig om te hardloop, te jaag, te stress en te probeer om almal te "please", almal behalwe die regte persoon: Die Here. Ek sê ja vir iets wat ek nie kan of wil doen nie, of nie regtig die tyd voor het nie.

Is al die gehardloop regtig die moeite werd???? Wat bereik ek aan die einde. Dit voel of my lewe net al in die rondte beweeg. Jaag werk toe, taxi ry vir die kinders, huis skoonmaak en dan nog al die skoolvergaderings. Dan het ek nog nie eers by tydmaak vir vriende uitgekom nie. Hoe skakel ek af, wanneer maak ek tyd vir myself, wanneer maak ek tyd vir my man. Diep binne weet ek die tyd wat ek aan die Here afstaan is ook nie genoeg nie.

So vandag bid ek regtig uit my hart: Here, maak huisskoon met my en wys my die dinge in die lewe wat REGTIG belangrik is en help my ook om dan meer aandag aan daai dinge te skenk. Amen