Monday, 02 February 2009

Hier's ek weer

Omdat ek nie baie tyd kry om te blog nie, het ek besluit om sommer die blog te gebruik vir myself wanneer ek tyd kry. Ek is baie lief om my gevoelens op papier te sit. So saans wanneer ek my skoene uitgeskop het, die kroos en manlief rustig geraak het, sit ek sommer met 'n pen en papier en skryf en skryf en skryf. So vir ingeval iemand hier lees, jammer as dit nie 'n baie interessante blog is nie, maar dis maar net ek.

Vandag het ek die mooiste gebed gekry:

Here, ons het 'n moeë generasie geword! Ons is moeg gewerk, moeg vir probleme, Moeg vir mense. Ons het veral moeg geword Om alles altyd reg te doen. Om aanvaarbaar te wees, móét ons Suksesvol, begaafd en finansieel sterk wees Met duidelike doelwitte. Verder moet ons goeie ouers, lojale vriende, Toegewyde familiemense En betrokke gemeenskapwerkers wees. Sjoe, dis 'n oorvol mondvol! Vandag wil ek sommer net by U kom rus En vra dat U my die regte prioriteite sal wys. Sal U my help onderskei tussen die dinge Wat regtig saak maak en die Dinge wat die wereld ons probeer voorskryf? Ja, help my om te weet wat vir U belangrik is. Maak huis skoon met my, Here. Verwyder die selfopgelegde eise In my oorvol lewe En leer my om sommer net U kind te wees. In U naam vra ek dit, Amen

Dit het my vreeslik aan die dink gesit oor my lewe. Die jaar het skaars begin en hier is ek alweer besig om te hardloop, te jaag, te stress en te probeer om almal te "please", almal behalwe die regte persoon: Die Here. Ek sê ja vir iets wat ek nie kan of wil doen nie, of nie regtig die tyd voor het nie.

Is al die gehardloop regtig die moeite werd???? Wat bereik ek aan die einde. Dit voel of my lewe net al in die rondte beweeg. Jaag werk toe, taxi ry vir die kinders, huis skoonmaak en dan nog al die skoolvergaderings. Dan het ek nog nie eers by tydmaak vir vriende uitgekom nie. Hoe skakel ek af, wanneer maak ek tyd vir myself, wanneer maak ek tyd vir my man. Diep binne weet ek die tyd wat ek aan die Here afstaan is ook nie genoeg nie.

So vandag bid ek regtig uit my hart: Here, maak huisskoon met my en wys my die dinge in die lewe wat REGTIG belangrik is en help my ook om dan meer aandag aan daai dinge te skenk. Amen

3 comments:

Unknown said...

Annie
Ding hou van jou naam.
An, jy het vir Ding laat klipsit oor hierdie waaroor jy hier praat. Dankie daarvoor.
Sterkte!

Anonymous said...

Dis ek, Annie
Mooi, soos ding sê...gister vir jou geskryf, maar vir een of ander rede wou dit nie deurgaan nie.
Annie
Miskien voel jy almal verwag van jou om hierdie super-duper ma, vrou en mens te wees. Indien so, is dit geweldig uitputtend! Ek weet nie HOE jy dit doen nie!
Die een ding wat vir my gewerk het, was laaaang badtye - net ons tyd (ek en Hy) die gesin kom dan beslis tweede.
Sterkte, Annie!

Annie said...

Dankie Ding en Sammi, jammer as ek nie elke dag hier uitkom nie. Ag weet julle, ek weet dis my eie skuld dat ek ander (veral my gesin) so "please", maar ek is ongelooflik lief vir hulle en daar is maar niks lekkerder as om hulle gelukkig te sien nie. Sammi ek mag klink soos hierdie super-duper ma, maar ek is alles behalwe.......so nou en dan freak ek totaal uit en dan verdwyn pa en kinders in die kamers in soos trapsuutjies (hehehe)... miskien moet ek daai tye as MY en my SKEPPER se tye gebruik. Geniet julle naweek
Annie,.
O ja, dankie vir die komplimente oor my noemnaam dis eintlik afgelei van Annalene