Wednesday, 07 November 2007

Indigo Kinders

Nuwe energie kinders.............Ek wil begin deur julle 'n bietjie van my jongste te vertel. Hy is 11 jaar oud en gebore in 1996. Soos jul reeds weet is sy naam Christiaan en hy is in graad 5. Van die begin af was hy net anders as ander babas, hy het 'n absolute sterk wil gehad en slaap was een van sy minder gunsteling tydverdrywe.

Op 2 jarige ouderdom het hy die hele huisgesin met 'n ysterhand regeer. Meeste van ons vriende en familie het gesê hy is bederf en ons laat hom te veel toe. Op 7 besluit ek om hom na 'n sielkundige te vat en raai....... die eerste ding wat hy sê is RITALIN. Pa het eenvoudig sy voet dwars gesit en geweier. Toe begin ek bietjie lees oor AAS, wat die sielkundige aan my jongste gekoppel het. Baie min van die kenmerke het by hom gepas. Sy skoolwerk was van baie hoë gehalte en sy onderwyseres het geen probleem in die klas gehad nie, behalwe vir 'n paar klein probleme. Hy sou bv. altyd eerste klaar wees en dan die ander kinders help met hul wiskunde ens. As iemand 'n probleem by die rekenaar het, sou hulle hom roep en dan het hy gou die fout reggemaak. Juffrou het toe verduidelik dat hulle nooit self gaan leer as hy elkekeer die probleem oplos nie en dat hulle haar eerder moet roep. Sy kleuterskool juf. het altyd gesê dat as Christiaan se bui die dag goed was, was die hele klas rustig, maar ook andersom. Hy het die vermoë gehad (eintlik nogsteeds) om die hele klas te bedaar of op sy kop te draai. Daarom moes hy ook by die konsert 'n engeltjie wees, wat by die gordyn gestaan het, sodat juffrou hom net kan uittrek as daar probleme kom.

Ek weet hy klink absoluut onmoontlik, maar ai weet julle wat doen sulke goed aan 'n ma se hart. Hier sit ek met 'n grootmensie in 'n kinderlyf.

Met my navorsing het ek op 'n webwerf afgekom van Indigo kinders en my kind in baie van die
kenmerke herken. Daar word nie baie gesê oor hoe om hulle te hanteer nie, maar ek soek nog en sal julle op hoogte hou.

Hier volg die kenmerke:(jammer as ek 'n paar in engels deurgee)
1. Die meeste Indigo kinders is na 1992 gebore.
2. Hulle is baie talentvol en sensitief, maar stroomop.
3. Hulle het geen selfbeeld probleem nie.
4. Hulle is baie diep kinders en word nie maklik teruggehou nie.
5. Hulle haat beledigings of verkleinerings.
6. Hulle glo hul verdien om hier te wees.
7. Dit is vir hulle 'n straf om in enige ry te moet staan.
8. They refuse to to respond to guilt trips.
9. Raak gou verveeld met alledaagse take
10. Meeste ouers van sulke kinders spot gewoonlik: "He/She is 13 going on 30.
11. Hulle is baie wys vir hul ouderdom en kry altyd 'n beter manier om iets te doen, as hoe hy geleer is.
12. Moenie probeer om hom te dreig, soos bv. "wag net tot jou Pa huistoe kom nie." Dit werk nie vir hulle nie.
13. Hulle het gewoonlik 'n groot liefde vir hul medemens of diere of plante. (In Christiaan se geval is dit diere. So braaf as wat hy is, kom die trane maklik as enige dier seerkry.)

Ek weet nie of ek mag nie, maar gaan 'n stukkie aanhaal wat ek op 'n webwerf gekry het:

If your child is an Indigo child, this is not a bad thing!! The only difficult part is that they are very misunderstood at this point in time in our culture and therefore may have some difficulty dealing with systems such as the rigidity of the current educational system. Your own recognition of them and understanding of how to interact with them will help! You can teach others how to work with your child for the best effects. Recognise the Indigo Childeren are the ones who will help raise the vibration of our planet. These are the ones who will bring us the enlightenment to ascend. Realise that if you are the parent of one of these spirits, you have been given a wonderful, marvelous gift! Feel honored that they have chosen you and help them develop to their fullest Indigo potential.

Ek is jammer as dit so bietjie deurmekaar klink, maar dit is vir my so moeilik om vir iemand te verduidelik presies hoe Christiaan is. Dit wat vir hom die beste werk, is om hom te prys en prys en prys. Ek het net nie aldag die krag daarvoor nie. Christiaan het ook 'n vreeslikke humeur, wat niks te doen het met Indigo nie. Met al sy persoonlikheids verskille verruil ek hom vir NIKS. Ek is soos vir die ander twee, wat gewoonlik swaar kry onder hom, ongelooflik lief vir hom en wens net soms ek kan in sy klein brein inklim om hom beter te verstaan.

Ek is nie 'n skrywer nie, so as dit wat ek sê nie sin maak nie, gaan google asb. Indigo child, daar is baie boeke ook oor die onderwerp. Ek wens net tyd was meer aan my kant.

Aan almal wat hier kom lees, baie dankie dat ek sommer partydae net kan gorrel sonder dat dit iemand pla.

Mag die res van julle week vol liefde, geluk en vrede wees!!

Tot later

Annie

8 comments:

Anonymous said...

Annie, dankie vir die info. Het sommer besluit ek wil gaan soek vir 'n boek of twee daaroor.

As 'n mens so na baie van die kenmerke kyk, kan iemand maklik sê dis maar wat meeste kinders doen. Maar ek dink wat uitstaan by Indigo kinders is daai diepte en 'ou' siele...

Die humeure en agressie partykeer is dan seker maar agv die frustrasies?

Ek wonder hoekom is dit eers na 1992? Sal graag wil weet hoe hulle hierby uitkom.

Tot dusver het ons glad nie probleme met Kyla in die skool nie. Ek vermoed ons was nog net gelukkig om 'goeie' onderwysers te kry... hehe! Maar dit is wat vir my so snaaks is: sy aanvaar die roetine en gesag by die skool! Hoop maar dit bly so as sy groter is ook!!

PS: Van stroomop weet ek baie! Kinders kom mos op 'n stadium waar hulle nie die klere wil aantrek wat jy vir hulle gee nie en dan sommer self die mix en matching doen. Of hulle besluit die spiderman pajamas of Barbie nagklere kan ook goed werk by die kleuterskool! Wel, Kyla was/is een van daai, net baie ekstreem. Sy sal lae op lae klere aantrek, goedjies aan tossels vasmaak en om haar bind - die weirdste goed doen! En sy dra dit nie net by die huis nie! Skool toe (as hulle kan gewone klere aantrek), winkels toe... Ek spot altyd (nie voor haar nie, natuurlik) en sê ons het 'n gypsie in die familie!

'Skies dat ek nou so oorgeneem het hier op JOU blog!!

Annie said...

Son, ek het ook eers so gedink, maar mettertyd kom jy agter dat hulle dink net ANDERS as kinders van hul ouderdom. By die skool het Christiaan ook nie 'n probleem met gesag nie, maar hy bevraggteken gewoonlik alles. Op die internet verskil mense met wanneer die eerste Indigo kinders die lig gesien het, maar die een wat ek gelees het gee 1992 net as riglyn. Hulle sê dit is die tyd en daarna wat die meeste verskyn het. Die kanse is daar dat jy of ek ook Indigo kan wees.

Christiaan is ook baie stroomop, hy sien altyd 'n beter manier om iets te doen en dan sal hy daarby hou maak nie saak wat nie. Vir my is die ergste nogal dat hy so 'n sterk persoonlikheid het. Hy manipuleer enige mens om sy sin te kry en glo my dis NIE van bederf nie. Ag ek kan nog lank skryf, want daar is soveel insidente wat ek met jou kan deel, maar miskien sal ek so dan en wan iets hier vertel.

Lekker dag
Annie

Anonymous said...

Hallo Annie (en SS!)
Ek het laas toe julle daarvan gepraat het, indigo children gaan google. Wikipedia het gese dis 'n New Age benadering. Nou ja, toe ek New Age sien, het ek maar gestop! (Nota aan self: miskien moet ek New Age gaan google!)

Annie, is jou kind nie "gifted" nie? Bo-gemiddeld intelligent? Dit klink vir my so. Dalk soek hy iets wat hom regtig toets, uitdagings. Laat weet, dit interesseer my regtig baie.

Annie said...

Boendoe, toe jy sê "New Age" toe kry ek ook so snaakse gevoel. Ek het nogal nie so iets raakgelees nie. Ja, ek wil nou nie klink of ek spog nie, maar hy is nogal baie intelligent. Ek het laas toe hy in graad 2 was met sy wiskunde gehelp en hy kry 90's en al die foute is gewoonlik van te haastig wees. Die onderwysers gee gewoonlik vir hom 'n hoër graad se wiskunde om hom besig te hou.

Hy het ook van kleins af 'n ding vinnig uitgewerk wat hy nie verstaan nie. Op 5 wou hy een aand by ons weet hoekom ons die TV en ligte aanlos as ons uitgaan. Ons het veruidelik dis maar net gewoonte,(wou hom nie bang maak nie) maar mnr. slim sê toe hy weet dit is sodat die skelms dink ons is by die huis. Die ander 2 toe 9 en 10 was verbaas en wou toe by ons weet of dit regtig so is.

Hy doen en sê altyd goed wat glad nie by sy ouderdom pas nie en meeste mense dink gewoonlik hy is voorbarig of bederf, want dit maak nie saak of dit 'n volwasse of kind is nie, as hy nie met iets saamstem nie sê hy so. Hy het ook 'n ongelooflike geheue.

As ek nie nou ophou nie, gaan ek skryf tot more toe.

Praat weer later.

Annie

Anonymous said...

En Annie, het jy hom al laat toets? Ons het ons seun by 'n sielkundige gehad (ek dink hy word 'n opvoedingssielkundige genoem?) om sy ik en so aan te laat toets. So ou kan dalk vir julle se of die outjie nie meer stimulasie nodig het nie. Shame, ek kan dink dat as jy so slim is, frustreer die lewe/skool/kinders jou grensloos.

Anonymous said...

(((huggles))) Nice post...

Hey, jy's soooo geseend!!

Anonymous said...

'n Baie interessante post. Ek gaan ook bietjie oplees.

Anonymous said...

Hi Annie,

Ek wil nie die dam onder die eend se gat uitruk hier nie, maar ek sal graag wil weet wat is jou seun se sterreteken? En nee...ek is nie een van die weirdo's wat alles weet van sterre nie, ek het ook 'n seun wat soos joune klink, en hy is alles wat sy sterre teken sê. Sal net interreant wees om te weet. Sterkte met jou kind, en ek wil tog net vir jou sê jy is baie geseënd ;)

Groete
Sonneblom