' n PUIK E-MAIL WAT EK ONTVANG HET... ALLE MA'S EN PA'S GENIET
My son came home from school one day,With a smirk upon his face
He decided he was smart enough,To put me in my place.
'Guess what I learned in Civics Two, that's taught by Mr. Wright?
It's all about the laws today, The 'Children's Bill of Rights.
'It says I need not clean my room,Don't have to cut my hair
No one can tell me what to think, Or speak, or what to wear.
I have freedom from religion, And regardless what you say, I don't have to bow my head,
And I sure don't have to pray.
I can wear earrings if I want, And pierce my tongue & nose.
I can read & watch just what I like, Get tattoos from head to toe.
And if you ever spank me, I'll charge you with a crime.
I'll back up all my charges, With the marks on my behind.
Don't you ever touch me, My body's only for my use,
Not for your hugs and kisses, that's just more child abuse.
Don't preach about your morals, Like your Mama did to you.
That's nothing more than mind control, And it's illegal too!
Mom, I have these children's rights, So you can't influence me,
Or I'll call Children's Services Division,
Better known As 'C.S.D.'
Mom's Reply and Thoughts
Of course my first instinct was To toss him out the door.
But the chance to teach him a lessonMade me think a little more.
I mulled it over carefully, I couldn't let this go.
A smile crept upon my face, he's messing with a pro.
Next day I took him shopping At the local Goodwill Store..I told him,
'Pick out all you want, there's shirts & pants galore. I've called and checked with C.S.D .
Who said they didn't care If I bought you K-Mart shoes Instead of Nike Airs.
I've canceled that appointment To take your driver's test.
The C.S.D. Is unconcerned So I'll decide what's best.'
I said 'No time to stop and eat, Or pick up stuff to munch.
And tomorrow you can start to learn To make your own sack lunch.
Just save the raging appetite, And wait till dinner time.
We're having liver and onions, A favorite dish of mine.'
He asked 'Can I please rent a movie, To watch on my VCR?
''Sorry, but I sold your TV, For new tires on my car.
I also rented out your room, You'll take the couch instead.
The C.S.D . Requires Just a roof over your head.
Your clothing won't be trendy now, I'll choose what we eat.
That allowance that you used to get, Will buy me something neat.
I'm selling off your jet ski, Dirt-bike & roller blades.
Check out the 'Parents Bill of Rights', it's in effect today!
Hey hot shot, are you crying?
Why are you on your knees?
Are you asking God to help you out?
Instead of C.S.D..?'
Wednesday, 21 November 2007
Monday, 19 November 2007
SOMMER NET
Ek het nie eintlik 'n onderwerp of baie tyd nie, maar wil net graag die volgende deel. Toe ek almal se "comments" oor die Indigo kinders lees, het ek so half my kop in skaamte gesak. Julle sien, ek weet van die begin af Christiaan is anders en miskien heelwat meer intelligent as wat ek vermoed, maar vir my was dit vandat hy klein was 'n stryd. Ek het heeltyd gedink aan hom as my terroris en alles probeer om hom te verander. Veral in die gesag en dissipline deel van die lewe, maar buig kon ek hom nie buig nie. Ek het nooit gedink soos baie van julle skryf: "jy is geseënd." Ek is vir hom ongeloofik lief soos vir die ander 2, maar hy was nog altyd so half en half my "probleem" kind. Vandat ek die stuk geskryf het en julle "comments" gelees het, het ek begin anders kyk na hom. Probeer om sy frustrasies minder te maak, hom aanmekaar geprys en raai wat!! MY KIND BLOM. Dankie julle, dit is wonderlik dat mense soos julle my blog lees en al dink julle, dis net julle opinie, sal julle nie glo wat dit vir my en verseker vir Christiaan beteken het nie. Hy skryf op die oomblik eksamen en ons vlieg daardeur. Ma prys en "boost" net aanmekaar en boetie bring net goeie punte huistoe en leer OP SY EIE dat dit klap. Waar hy gewoonlik met die leervakke negatief was en nooit wou leer nie, vertel ek hom nou elke dag hoe slim hy is EN DIT HELP. Ek dink dis so half 'n uitdaging vir hom om nie net in wiskunde nie, maar ook in die vakke wat hy glad nie belangstel in nie goed te doen.
Sonneblom hy verjaar die 6de Julie 1996 en dit maak van hom 'n kreef. Weet nie veel van die sterre nie, maar gaan nou dadelik "google" Nee ek het hom nog nie laat toets nie, weet nie of hy regtig so "gifted" is dat hy na 'n spesiale skool vir slimmes moet gaan nie, miskien moet sy ma hom net probeer beter verstaan. (Pa voel ma onderdruk sy sterk persoonlikheid.)
Dankie weereens vir die wonderlike blogger maats wat julle is.
Hê 'n wonderlike week verder.
Annie

Wednesday, 14 November 2007
A POEM WRITTEN BY A TEENAGER WITH CANCER
Ek hou nie gewoonlik van sulke e-mails wat sê 5 sent vir elke e-mail wat jy stuur en sulke nonsens nie, want ek glo in elkgeval nie dit kan op enige manier opgtel word nie, maar die gedig het my tussen die oë getref, veral die tyd van die jaar wat ek meer hardloop as loop.
Hoop dit gaan nog goed met almal en mag die res van die week wees soos jy dit wil hê
Annie
SLOW DANCE
Have you ever watched kids on a merry-go-round?
Or listened to the rain slapping on the ground?
Ever followed a butterfly's eratic flight?
Or gazed at the sun into the fading night?
You better slow down.
Don't dance so fast.
Time is short.
The music won't last.
Do you run through each day on the fly?
When you ask How are you?
Do you hear the reply?
When the day is done, do you lie in your bed with the next hundred
chores running through your head?
You'd better slow down.
Don't dance so fast.
Time is short.
The music won't last.
Ever told your child, we'll do it tomorrow,
And in your haste not see his sorrow?
Ever lost touch, let a good friendship die, cause you never had time
to call and say, "Hi."
You'd better slow down.
Don't dance so fast.
Time is short.
The music won't last.
When you run so fast to get somewhere, you miss half the fun of getting there.
When you worry and hurry through your day, it is like an unopened gift.....
thrown away.
Life is not a race.
Do take it slower.
Hear the music.
Before the song is over.
(The young girl wo wrote the poem has 6 months to live, and as her dying wish wanted to send a letter telling everyone to live their life to the fullest, since she never will. She'll never make it to prom, graduate from high school, or get married and have a family of her own.)

Wednesday, 07 November 2007
Indigo Kinders
Nuwe energie kinders.............Ek wil begin deur julle 'n bietjie van my jongste te vertel. Hy is 11 jaar oud en gebore in 1996. Soos jul reeds weet is sy naam Christiaan en hy is in graad 5. Van die begin af was hy net anders as ander babas, hy het 'n absolute sterk wil gehad en slaap was een van sy minder gunsteling tydverdrywe.
Op 2 jarige ouderdom het hy die hele huisgesin met 'n ysterhand regeer. Meeste van ons vriende en familie het gesê hy is bederf en ons laat hom te veel toe. Op 7 besluit ek om hom na 'n sielkundige te vat en raai....... die eerste ding wat hy sê is RITALIN. Pa het eenvoudig sy voet dwars gesit en geweier. Toe begin ek bietjie lees oor AAS, wat die sielkundige aan my jongste gekoppel het. Baie min van die kenmerke het by hom gepas. Sy skoolwerk was van baie hoë gehalte en sy onderwyseres het geen probleem in die klas gehad nie, behalwe vir 'n paar klein probleme. Hy sou bv. altyd eerste klaar wees en dan die ander kinders help met hul wiskunde ens. As iemand 'n probleem by die rekenaar het, sou hulle hom roep en dan het hy gou die fout reggemaak. Juffrou het toe verduidelik dat hulle nooit self gaan leer as hy elkekeer die probleem oplos nie en dat hulle haar eerder moet roep. Sy kleuterskool juf. het altyd gesê dat as Christiaan se bui die dag goed was, was die hele klas rustig, maar ook andersom. Hy het die vermoë gehad (eintlik nogsteeds) om die hele klas te bedaar of op sy kop te draai. Daarom moes hy ook by die konsert 'n engeltjie wees, wat by die gordyn gestaan het, sodat juffrou hom net kan uittrek as daar probleme kom.
Ek weet hy klink absoluut onmoontlik, maar ai weet julle wat doen sulke goed aan 'n ma se hart. Hier sit ek met 'n grootmensie in 'n kinderlyf.
Met my navorsing het ek op 'n webwerf afgekom van Indigo kinders en my kind in baie van die
kenmerke herken. Daar word nie baie gesê oor hoe om hulle te hanteer nie, maar ek soek nog en sal julle op hoogte hou.
Hier volg die kenmerke:(jammer as ek 'n paar in engels deurgee)
1. Die meeste Indigo kinders is na 1992 gebore.
2. Hulle is baie talentvol en sensitief, maar stroomop.
3. Hulle het geen selfbeeld probleem nie.
4. Hulle is baie diep kinders en word nie maklik teruggehou nie.
5. Hulle haat beledigings of verkleinerings.
6. Hulle glo hul verdien om hier te wees.
7. Dit is vir hulle 'n straf om in enige ry te moet staan.
8. They refuse to to respond to guilt trips.
9. Raak gou verveeld met alledaagse take
10. Meeste ouers van sulke kinders spot gewoonlik: "He/She is 13 going on 30.
11. Hulle is baie wys vir hul ouderdom en kry altyd 'n beter manier om iets te doen, as hoe hy geleer is.
12. Moenie probeer om hom te dreig, soos bv. "wag net tot jou Pa huistoe kom nie." Dit werk nie vir hulle nie.
13. Hulle het gewoonlik 'n groot liefde vir hul medemens of diere of plante. (In Christiaan se geval is dit diere. So braaf as wat hy is, kom die trane maklik as enige dier seerkry.)
Ek weet nie of ek mag nie, maar gaan 'n stukkie aanhaal wat ek op 'n webwerf gekry het:
If your child is an Indigo child, this is not a bad thing!! The only difficult part is that they are very misunderstood at this point in time in our culture and therefore may have some difficulty dealing with systems such as the rigidity of the current educational system. Your own recognition of them and understanding of how to interact with them will help! You can teach others how to work with your child for the best effects. Recognise the Indigo Childeren are the ones who will help raise the vibration of our planet. These are the ones who will bring us the enlightenment to ascend. Realise that if you are the parent of one of these spirits, you have been given a wonderful, marvelous gift! Feel honored that they have chosen you and help them develop to their fullest Indigo potential.
Ek is jammer as dit so bietjie deurmekaar klink, maar dit is vir my so moeilik om vir iemand te verduidelik presies hoe Christiaan is. Dit wat vir hom die beste werk, is om hom te prys en prys en prys. Ek het net nie aldag die krag daarvoor nie. Christiaan het ook 'n vreeslikke humeur, wat niks te doen het met Indigo nie. Met al sy persoonlikheids verskille verruil ek hom vir NIKS. Ek is soos vir die ander twee, wat gewoonlik swaar kry onder hom, ongelooflik lief vir hom en wens net soms ek kan in sy klein brein inklim om hom beter te verstaan.
Ek is nie 'n skrywer nie, so as dit wat ek sê nie sin maak nie, gaan google asb. Indigo child, daar is baie boeke ook oor die onderwerp. Ek wens net tyd was meer aan my kant.
Aan almal wat hier kom lees, baie dankie dat ek sommer partydae net kan gorrel sonder dat dit iemand pla.
Mag die res van julle week vol liefde, geluk en vrede wees!!
Tot later

Tuesday, 09 October 2007
Elke Pot het sy Deksel
So sit ek mos die naweek en dink aan my en my ander helfte (deksel). Dit is altyd vir my so interessant om te hoor hoe 2 mense bymekaar uitgekom het. Ek glo natuurlik aan die gesegde dat elke pot 'n deksel het, maak nie saak hoe krom of skeef of perfek nie.
Wel hier volg my storie:My broer is in Julie 1989 getroud in Napier. So pak ons gesin die langpad van Empangeni na Napier. Die Vrydagaand word daar toe so ken mekaar braai gehou en daar ontmoet ek toe my skoonsuster se broer se boesem pêl. Daar was absoluut geen aantrekkingskrag of skoenlappers op my maag nie, volgens my net nog een van die gaste.
Die troue was 'n oggend troue en net voor ons teruggaan na die plek waar ons sou oorslaap vra my broer se swaer of ek nie die aand saam met 'n klomp van hulle wil gaan dans nie. Ek stem toe in en weg is ons. Ek onthou daai aand as die keer wat ek en manlief die beste ooit saam gedans het. Die res van die groep is vroeg huistoe, maar die 2 van ons het dit uitgekap tot die oggend ure. Daarna het ons nog koffie gaan drink by ons gesin se oornagplek. Hy is die oggend half vyf daar weg en 5 uur het ons die langpad terug Natal toe aangepak.
Ons het vir mekaar begin skryf, maar intussen het elkeen met sy lewe aangegaan. Dit was eintlik te vêr om enigsins ernstig te raak. Die November van dieselfde jaar besluit manlief toe om te kom kuier. Ek het myself opgestress, want ek kon skaars onthou hoe hy gelyk het. My broer het my gewaarsku en gesê geen man sal vir 'n naweek van die Kaap tot in Natal ry nie, maar hy het dit vêr mis gehad. Donderdagmiddag 5 uur toe klop hy aan my deur. Toe ek die deur oopmaak val alle "stress" net so van my skouers af. Ons het net onmiddelik begin gesels. Ek dink die briefskrywery het nogal gehelp.
Die volgende aand was ons werk se eindjaarfunksie, toe ek klaar aangetrek was en met die trap op stap na my kamer, keer hy my en vra: SAL JY MET MY TROU!!!! Ek het nie 'n oomblik gehuiwer nie en onmiddelik ja gesê. My Ma wou iets oorkom en het my gesmeek om eers af te trek Kaap toe sodat ons mekaar beter kon leer ken. Praat het nie gehelp met ons twee nie.
Ek het wel afgetrek Kaap toe in Maart 1990, maar ons twee het op 25 Augustus 1990 trou aan mekaar beloof en vandag 17 jaar later, sal ek nie twee keer dink om weer met hom te trou nie.
Ons het maar ook ons probleme en dinge soos almal, maar ek kan met 'n oop hart sê EK IS DOLGELUKKIG GETROUD MET MY SIELSGENOOT!!!!
Hoop ek kan 'n paar van jul stories ook hoor.
Hê 'n ongelooflike week verder

Wednesday, 03 October 2007
Spog of nie
Vandag is weer een van my droom dae. En ek wonder.....................en droom.........en wonder: Is ek en my man goeie ouers en leer ons, die kinders die regte waardes en normes van die lewe????
Ek het drie van hulle soos julle reeds weet Carlien (16) Willem (15) en Christiaan (11) . Elkeen het sy eie persoonlikheid en talente. Ek en Pa het 'n BAIE oop verhouding met al drie. Ons klomp kan lekker stry en baklei oor sekere aspekte van die lewe. Ek is die preker in die gesin, elke geleentheid wat ek kry, preek ek oor dwelms, seks, dronkbestuur ens. My kinders wil partykeer mal raak, maar dit sit my geensins onder nie. Pa is die meer reguit een en loop nie draaie nie, hy noem 'n ding op sy naam en basta. Soos julle kan dink, kan ons familie gesprekke nogal in 'n sirkus ontaard, maar de laaste een mis sulke gesels sessie vir niks.
Ek voel bevoorreg dat ons nog so met veral ons tieners kan praat, want as ek om my kyk sien ek 'n baie hartseer prentjie in baie gesinne, waar ma of pa nie eers weet waar hul tiener seun of dogter op 'n Vrydgaand is nie. Myne weet, ek neem hulle na waar ookal en gaan haal hulle weer. Vir hulle is die ergste die inkomtye, want lyk my nie ander kinders ken van so 'n reël nie. Ek gee sondagskool vir graad 7's (std 5), toe ek een oggend vra wat hul inkomtye is, was ek verstom. Die meeste het nie so iets nie en die fynste kleinste dingetjie, wat nie 13 nie maar 8 lyk sê so ewe: My pa sê solank ek net voor 2 uur in die huis is, is hy tevrede. Nou vra ek julle met trane in my oë, wat maak 'n 13jarige meisiekind daai tyd (of na 10uur) op straat of in 'n sentrum of waar ookal?
Ag ek weet hierdie is 'n onderwerp wat ek en julle seker ook 'n boek oor kan skryf, maar gister toe ek Dellie se blog lees wat sy aan haar Seuna opgedra het, toe werk my brein weer oortyd. Vra het hier kom vasskop: Is my kind reg vir die wêreld daarbuite? Het ek hom/haar die regte dinge geleer? Het ek hulle nie bietjies te veel vasgehou en probeer beskerm nie? Moet ek nie dalk met die kleintjie probeer, deur meer vryheid te gee nie? Luister hulle as Ma so preek?
Kry hulle nie dalk te veel nie?
Ek het toe maar besluit, dat die beste sou wees as elke kind gebore word met 'n boek onder die arm, wat vir ma en pa presies sê hoe die kind grootgemaak moet word. Iets soos 'n "users guide." Dink julle nie dit sou dinge soveel makliker gemaak het nie? Dink nou net as Boeta vra hoe laat hy by die huis moet wees en jy kan gou vinnig in die boek kyk wat sê: Beste inkom tyd vir Willem op 15 jarige ouderdom: 11 uur. Dan sou hulle nie kon stry of jou probeer ompraat nie, want dis wit op swart en met sy of haar naam op.
Ag, ek weet ek praat nou sommer nonsens, want wat sal ek tog doen sonder die redenasies en opinies van my 3 terroriste.
Carlien, Willem en Christiaan: Pappa en Mamma is ongelooflik trots op julle. Ons liefde is nimmereindigend en julle weet waarheen julle kan kom met enige vrae en onsekerheid. Ons het toe nie boeke gekry met julle geboorte nie, maar tot dusver glo en vertrou ons, is ons op die regte pad.
Mag julle almal 'n wonderlike, sonnige en amazing week hê, en onthou die Secret!
Liefde

Monday, 01 October 2007
Kersfees en geskenke
Hallo almal
Jammer ek was/is so skaars, maar dit gaan maar rof by die werk en huis. Die tyd van die jaar raak my voete skaars grond. Dit laat my weer dink aan hoe vinnig die jare verby vlieg. Dit lyk vir my hoe ouer ek raak hoe vinniger gaan die jare verby, of is dit my verbeelding?
Aangesien dit die tyd van die jaar is, sal ek graag wil hoor by julle hoe hou julle Kersfees en wat is almal se slim idees oor geskenke gee. Ek is gladnie 'n "shopper" nie, so Kersfees is altyd vir my 'n nagmerrie. Ons familie se reëling is gewoonlik soos volg: Almal koop net vir mekaar se kinders en nie die grootmense nie, behalwe natuurlik die Oumas en Oupas. Dit werk vir ons. Jy koop ook slegs vir die kinders wat Kerfees by julle is. Ons is redelik verpsrei oor die land en sien mekaar nie elke Kersfees nie.
Hierdie jaar is egter anders, ons hou so half familie reunie en almal (ek, 2 susters en broer) met hul gesinne gaan Louis Trichardt toe vir Kersfees en Nuwe Jaar. Help my asb. met idees, die kinders wissel van 6 tot 19 en ek het nie 'n idee wat om te koop nie. Daar is 12 van hulle.
Ek hoop regtig om meer te kom "chat", maar verskoon asb. as ek skaars is, weet julle sal verstaan.
Mooi bly en mag die week vir julle gevul word met sonskyn en vreugde

Subscribe to:
Posts (Atom)
.jpg)